Hertzoggies

Submitted by: Nicole Hamman
(Sarie April 2005)

Cooking time:

Ingredients

Kors:
2 koppies (250 g) meel
2 ½ eetlepel (37.5 ml/25 g) strooisuiker
2 teelepels (10 ml) bakpoeier
¼ teelepel (1 ml) sout
10 eetlepels (125 g) botter
3 eiergele
3 teelepels (15 ml) water

Bolaag:
1 blik Appelkooskonfyt/Bloubessiekonfyt

3 eierwitte
300 ml (250 g) suiker
200 g klapper

Method

Smeer ‘n bakplaat van 32cm x 32cm met botter of Spray & Cook.

Kors:
Sif die droë bestandele saam.
Vryf die botter in die meelmengsel.
Klits die eiergele en water saam en maak tot ‘n stywe deeg.
Druk die deeg in die bakplaat met jou hande.
(dit lyk min soms, maar glo my dit is genoeg)

Bolaag:
Gebruik genoeg (1 blik) appelkooskonfyt om die deeg mee te bedek.
Smeer bo-op die deeg en maak seker al die deeg is bedek.

Klits die eierwittte tot styf.
Voeg die suiker lepel vir lepel by tot jy ‘n lekker stywe meringue het.
Roer die klapper by en sprei eweredig bo-oor die konfyt.
Plaas dit stuk stuk op die konfyt anders maak dit die verpreiding moeilik.

Bak teen 160°C op die middelrak vir 30 – 40 minute.

Hou net dop dat dit nie bo-op te bruin word nie.
Sny onmiddelik in blokkies ne laat koud word in die pan.

Comments

Spotted a problem?
Did you submit this recipe?
Do you want to make a change?
Send a message via Facebook.