Hoenderlewers in Romerige Rissiesous

Submitted by:
Recipe Image
Hierdie romerige lewertjies smaak vorentoe op pasta, rys, krummelpap of kapokaartappel.
http://www.huisgenoot.com/artikels/Kos/Hoenderlewers-in-romerige-rissiesous

Difficulty: Easy - for beginners
Serves: 4-5

Preparation time:
Cooking time:

Ingredients

1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
2 klein brandrissies, fyn gekap
60 ml (¼ k) droë witwyn
1 blik (410 g) gekapte tamaties
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
250 ml (1 k) room
30 ml (2 e) soet rissiesous
15 ml (1 e) botter
15 ml (1 e) olie
500 g hoenderlewers, skoongemaak
30 ml (2 e) gekapte vars pietersielie

Method

Braai die ui, knoffel en rissies stadig in die olie tot die ui sag is.

Voeg die wyn en gekapte tamaties by, verhit tot kookpunt en laat prut tot dit met die helfte afgekook is.

Geur met sout en peper.

Voeg die room en soet rissiesous by, verhit weer tot kookpunt en laat prut liggies tot dik en geurig.

Terwyl die sous prut, verhit die botter en olie in ’n pan en braai die hoenderlewers tot goudbruin en net-net gaar.

Gooi die sous oor en laat prut ’n minuut of twee.

Sprinkel pietersielie oor en sit voor.

Comments

Spotted a problem?
Did you submit this recipe?
Do you want to make a change?
Send a message via Facebook.